Tieners, drank, en dwelms onder die loep

NamPol sê hulle gaan op shebeens, cuca-winkels en drankwinkels toeslaan wat alkohol aan minderjarige kinders verkoop. Dit volg op ‘n ontstellende voorval in Rundu, waar ‘n video wys hoe kinders, sommige net nege jaar oud, in skooldrag by ‘n cuca-winkel drink. Die voorval, asook vorige berigte van kinders wat alkohol skool toe bring, laat ernstige kommer oor jeugdiges se alkoholgebruik ontstaan. Die sielkundige dr. Shaun Whittaker het met Kosmos 94.1 Nuus gesels en sê drinkery onder tieners moet stopgesit word, dalk deur weer liggaamlike opvoeding in skole aan te bied.