Tienerbestuurder maak onverwags sy F1-debuut
Ferrari se 18-jarige reserwejaer, Oliver Bearman, is aan die diep kant ingegooi nadat Carlos Sainz hom aan die naweek se Formule Een-ren in Jeddah, Saoedi-Arabië, moes onttrek weens blindedermontsteking. Die Scuderia het aangekondig Sainz moet ‘n operasie ondergaan. Hy het na wat berig word etlike dae lank siek gevoel, maar het nietemin aan gister se oefening deelgeneem. Sainz het derde geëindig in verlede naweek se eerste wedren van die seisoen in Bahrein. Bearman het verlede jaar sesde gekom in die F2-kampioenskap vir Prema Racing.