Tiener neem trein op uitstappie, maak ongeluk

‘n Tienermeisie en haar manlike metgesel het ‘n leë moltrein in die stad New York vir ‘n uitstappie ‘geleen’, ‘n botsing veroorsaak en toe die hasepad gekies. Foto’s wat deur die polisie vrygestel is, wys iemand in pienk klere, kompleet met ‘n pienk stortpet, en nog ‘n persoon in ‘n blou tenktop. Hulle het net ná middernag op 12 September op die leë trein by ‘n stasie in Queens geklim en dit op een of ander manier aan die gang gekry. Hulle het toe van agter in ‘n ander geparkeerde trein gebots.