Tiener maak geskiedenis met sy Tetris-wêreldrekord

Willis Gibson is ‘n 13-jarige wat daarin geslaag het om die Tetris-wêreldrekord tydens ‘n regstreekse uitsending te breek.

Met soveel lof sou die tiener sekerlik ook negatiewe aandag kry. Nie te lank nadat die rekord gebreek is nie, het ‘n joernalis oënskynlik met Gibson se prestasie gespot en beweer dat om Tetris te klop nie ‘n lewensdoelwit is nie.

Om Tetris te klop, is ‘n paar jaar gelede as onmoontlik beskou, met baie onder die indruk dat dit slegs bereik kan word deur die gebruik van kunsmatige intelligensie. Baie geluk Willis. 
Foto: Verskaf

Foto: Verskaf