Tienduisende steeds in Maine gehok, skieter op vrye voet
Tienduisende mense is aangesê om binne te bly na gisteraand se dodelike skietery in Lewiston in die Amerikaanse deelstaat, Maine. Minstens 22 mense is dood en 30 gewond. Volgens die polisie is ʼn 40-jarige vuurwapeninstrukteur, Robert Card, ‘n persoon van belang in die skietery. Hy het glo militêre ondervinding. Die uitbreiding van die opdrag om agter slot en grendel te bly is uitgereik nadat die polisie Card se voertuig in Lisbon, 13 kilometer van Lewiston, gevind het. Die polisie waarsku mense om Card te vermy indien hulle hom gewaar, aangesien hy as gewapen en gevaarlik beskou word.