Tienduisende Australiese studente druip geletterdheidstoetse
Tienduisende Australiese skoolkinders kan jaarliks nie die minimum-standaarde vir geletterdheid en syfervaardigheid haal nie. Die Produktiwiteits-kommissie het ʼn striemende verslag vrygestel en bevind min is gedoen om die uitkomste met studente te verbeter, soos die federale, staats- en territoriale regerings in 2018 daaroor ooreengekom het. Volgens die kommissie ontbreek die ooreenkoms duidelike en meetbare teikens en hervormings om die uitkomste vir studente met ʼn arm agtergrond te verbeter. Sowat 90 000 studente regdeur die land wat nie aan die minimum standaarde voldoen nie, lê jaarliks die toetse vir geletterdheid en syfervaardigheid af.