Tien vas oor aanvalle op kitsbanke in Limpopo
Die LUR vir gemeenskapsveiligheid in Limpopo, Florence Radzilani, verwelkom berigte dat die polisie tien verdagtes in hegtenis geneem het wat verbind word met aanvalle op kitsbanke in die provinsie. Die groep, waaronder burgers van Lesotho sonder dokumentasie, het glo kontant-masjiene aangeval. Die woordvoerder van die LUR, Vongani Chauke, sê die verdagtes is op verskillende plekke in Gauteng aangekeer.