Tien onderwysers onder 13 slagoffers van gru-botsing

Die LUR vir Onderwys in Limpopo, Mavhungu Lerule-Ramakhanya, het meegevoel betuig aan die families van die 13 mense wat in ‘n gru-ongeluk gesterf het. ‘n Taxi en vragmotor het op die R521 tussen Polokwane en die Dendron-roete gebots. Tien onderwysers was onder die wat gesterf het. Lerule-Ramakhanya beskryf die verlies as ‘n beduidende slag vir Span Onderwys in die provinsie.