Tien Nigeriërs vir hoogverraad aangekla na betogings
Nigerië het tien mense aangekla van hoogverraad en sameswering om die weermag tot muitery aan te blaas. Dit volg op verlede maand se landwye betogings teen ‘n lewenskostekrisis. Amnestie Internasionaal sê minstens 13 mense is dood na veiligheidsmagte die betogings onderduk het. Die 10 mans het onskuldig gepleit in die Abuja Federale Hooggeregshof. Hulle staar die doodstraf in die gesig indien hulle skuldig bevind word. Isa Sanusi, die direkteur van Amnestie Internasionaal Nigerië, sê dit is blatant bedrieglike aanklagte wat onmiddellik teruggetrek moet word.