Tiafoe derde Afro-Amerikaner wat ATP top-10 behaal

Frances Tiafoe het pas die derde Afro-Amerikaanse man ooit geword wat sedert die ontstaan van die ATP-ranglys in 1973 die top-tien kon haal. Hy het sy top-tien debuut verseker deur Jan-Lennard Struff van Duitsland in die Stuttgart Ope met 4,-6 , 7-6, 7-6, te verslaan, en só sy derde loopbaantitel gewen. Saam met sy landgenoot, Taylor Fritz in die agtste plek, het die VSA nou vir die eerste keer twee mans in die top-tien. Die laaste keer was in Mei 2012, toe Mardy Fish en John Isner negende en tiende was.