Thys die Bosveldklong steeds in hoësorg
Dit is nou al langer as ʼn maand sedert Thys Streicher, bekend as Thys die Bosveldklong, in die hoësorgeenheid van ʼn Pretoriase hospitaal opgeneem is.
Veelvoudige sklerose (MS) is in 2019 by hom gediagnoseer. Thys is steeds onder sedasie sodat sy organe kan rus. Hy het ook ʼn gaatjie in sy keel waardeur hy suurstof ontvang. Sy een long het onlangs platgeval en die dokters het daarmee gestoei.
Een van sy vriende se: “Ek het nog nooit iemand so hard sien baklei soos my groot vriend in daai hospitaalbed nie. Selfs die dokters sê hulle kan nie glo hoe hard hy veg daar in sy eensaamheid nie.”