Thunberg weer gearresteer, die keer in Londen
Klimaataktivis Greta Thunberg is deur die polisie in Londen aangehou nadat sy en ander buite ‘n olie- en gaskonferensie betoog het en sommige afgevaardigdes verhinder het om dit by te woon. Thunberg is vanjaar deur die polisie aangehou of uit betogings in Swede, Noorweë en Duitsland verwyder. Videomateriaal wys hoe Thunberg, met ‘n teken met die slagspreuk ‘Oily Money Out’, rustig staan terwyl twee polisiebeamptes met haar praat. Daar is gesien hoe een haar arm vashou en dan hoe sy deursoek word en agter in ‘n polisievangwa geplaas word.