Thomas Tuchel aangestel as Engeland se nuwe bestuurder

Sokker: Die voormalige afrigter van Chelsea, Thomas Tuchel, is vanaf 1 Januarie volgende jaar aangestel as Engeland se nuwe bestuurder. Die 51-jarge volg Gareth Southgate op wat na die Europese Kampioenskap in Julie bedank het toe Engeland in die eindstryd 2-1 teen Spanje verloor het. Die Duitser is die derde persoon van buite Engeland in die pos na Sven-Goran Eriksson van Swede en Fabio Capello van Italië. Sy hulpafrigter is die internasionaal-gerekende Engelse afrigter, Anthony Barry.