Thinus Pretorius herverkies as NLU-president

Die Namibiese Landbou-unie het op sy jaarkongres in die hoofstad vir Thinus Pretorius herverkies as sy president. Jako van Wyk is herverkies as voorsitter van die Lewendehawe Produsente Organisasie. Pretorius het in sy presidentsrede ‘n oorsig gegee van die unie se drie kongresse en ‘n boodskap gelewer.