Thieme vertel meer oor skeiding met Pick n Pay SA

Die Ohlthaver en List-groep het aangekondig hy gaan sy franchise-ooreenkoms met Pick n Pay Suid-Afrika beëindig. Die oorgangsfase sal tot 30 Junie volgende jaar voortgaan. Sven Thieme, die voorsitter en uitvoerende hoof van die groep, beklemtoon dat Pick n Pay Namibië onafhanklik van die kettingwinkel in Suid Afrika is.