Theo’s Superstar het tot 2 Augustus om beslagleggingsbevel te keer

Theo’s Superspar in Otjiwarongo is in die moeilikheid nadat die Spar-groep dringende regstappe ingestel het om beheer oor van sy bates te neem. Business Express sê die maatskappy skuld die groep amper 42 miljoen Namibiese dollar vir goedere afgelewer en verkoop. Die groep beweer dat Theo’s Spar se handelsaktiwiteite tydens Covid aansienlik geraak is. Huurinvorderings van die respondent se eiendomsbeleggings het ook beperk geraak, en kontantvloei het onder erge druk gekom. Die groep sê die ontslape Theo Borstlap was besig om die uitdagings aan te spreek maar is na ‘n brandongeluk op 6 Junie verlede jaar dood. Regter Nate Ndauendapo het ‘n beslagleggingsbevel uitgereik en die reël nisi daarvoor op 2 Augustus gestel. Kosmos 94.1 Nuus kan bevestig die winkel sal nie sluit nie.