Theo Borstlap se begrafnis môreoggend op Otji

Die roudiens van die bekende sakeman van Otjiwarongo Theo Borstlap vind môreoggend om tienuur by die skouterrein in die Noordedorp plaas. Die begrafnis sal ná die diens by die Otjiwarongo-begraafplaas plaasvind. Borstlap het op 4 Mei ernstige brandwonde op sy plot opgedoen waarna hy na die Millpark-hospitaal in Johannesburg oorgeplaas is. Hy is op 6 Junie in dié hospitaal oorlede. Familie, vriende sowel as politieke hoëlui sal van heinde en verre kom om van die geliefde Borstlap afskeid te neem. Borstlap se skoonseun Jacques Celliers het met Kosmos 94.1 Nuus gesels…