Theart gesels oor teengif met slange wat aktief raak
Daar is steeds tekorte aan slang teengif met Suid-Afrika wat reuse-uitdagings beleef. Namibië blyk om in ‘n beter posisie te wees omdat teengif vanuit Indië bekom is om te verseker dat behandeling vir slangbyte moontlik is. Francois Theart, Namibië se bekende slangkenner, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
Wanneer die somer aankom en reën begin ontvang word, dan word daar gesê die slange loop. Maar met die droër toestande, wat is die huidige stand van sake?