The Rock bieg oor sy depressie
Dwayne “The Rock” Johnson het nog nooit weggeskram om sy krag op die skerm te wys nie, maar nou wys die voormalige professionele stoeier sy krag op ‘n ander manier. Die akteur het onlangs oopgemaak oor sy ervarings met depressie en ander mans aangemoedig om ook eerlik te wees oor hul eie geestesgesondheid. Johnson het in ‘n onderhoud op die potgooi “The Pivot” gesê sy stryd met sy geestesgesondheid het jare gelede begin, maar hy het nie altyd die woorde gehad om uit te druk hoe hy voel nie.