The Notebook ster oorlede

Die driemalige Emmy-wenner en tweemalige Oscar-benoemde, Gena Rowlands, is in die ouderdom van 94 oorlede. Rowlands wat aan Alzheimer’s gely het, is bekend vir haar rolle in A Woman Under the Influence en The Notebook. Sy het haar rolprentdebuut in 1958 teenoor Jose Ferrer in die ligte romantiese komedie, The High Cost of Loving gemaak. Sy het in 2015 haar akteursloopbaan vaarwel toegeroep en in dieselfde jaar het sy ‘n ere-Oscar saam met die regisseur Spike Lee ontvang, as erkenning vir haar buitengewone leeftydprestasies in die rolprentbedryf.