The Kiffness in Detroit beroof
Die Suid-Afrikaanse musikant, The Kiffness, sê hy voel veiliger by die huis nadat hy tydens sy toer deur Amerika die slagoffer van misdaad was. Toerusting ter waarde van 100 000 Suid-Afrikaanse rand is in Detroit uit sy bussie gesteel, wat hom genoop het om sy konsert in die stad te kanselleer. Die musikant, wie se regte naam David Scott is, is bekend vir sy saamklits van virale video’s en satiriese kommentaar. Hy het meer as 2 miljoen intekenare op YouTube. Scott wou by die Amerikaanse president, Joe Biden, weet wat in sy land aangaan.