Thabo Bester vra vir doodsvonnis
Die veroordeelde Facebook-moordenaar, Thabo Bester, het die Hooggeregshof in Bloemfontein versoek om sy doodsvonnis te beveel en om sy medebeskuldigdes vry te laat. Bester het tydens ‘n uitbarsting beweer die regstelsel behandel hom onregverdig. Bester, sy voormalige minnares, Nandipha Magudumana, en sewe ander staan tereg op aanklagte van onder meer bedrog en die skending van ‘n liggaam. Bester se prokureur, Mohamed Siedat, het intussen onttrek weens probleme met raadpleging. Bester beweer politieke inmenging beheer die hofverrigtinge.