Thabo Bester se saak tot 16 Mei uitgestel

Die landdroshof in Bloemfontein het die saak teen die veroordeelde Facebook-verkragter en moordenaar, Thabo Bester tot 16 Mei uitgestel. Die minister van binnelandse sake, Aaron Motsoaledi, is bekommerd omdat baie gevangenes in Suid-Afrikaanse gevangenisse nie oor identifikasiedokumente beskik nie. Dit volg op die openbaring dat Bester nie by binnelandse sake geregistreer is nie. Volgens Motsoaledi het Bester se ma hom nie geregistreer nie want hy het van die huis af weggeloop. Hy sê Bester se geboorte is wel by die Chris Hani Baragwanath-hospitaal in Johannesburg aangeteken, en hy verskyn op korrektiewe dienste se data-stelsel.