Thabo Bester se prokureur gaan hof toe oor sy behandeling

Die regsverteenwoordiger van die veroordeelde moordenaar en Facebook-verkragter, Thabo Bester, gaan die Departement van Korrektiewe Dienste uitdaag oor sy behandeling in die tronk. Bester beweer sy regte word aangetas weens ‘n gebrek aan privaat samesprekings met sy prokureur en omdat hy in eensame aanhouding is. Sy prokureur Dinana Reid het aan eNCA gesê Bester se reg op ‘n regverdige verhoor word in gevaar gestel.