Thabo Bester-saak: Drukgroep sê Cyril moet ondersoek loods
Die Suid-Afrikaanse Organisasie vir Menseregte vir Gevangenes vra vir ‘n dringende geregtelike ondersoek na die Thabo Bester-saak. Die gevangenisregte-groep se woordvoerder, Golden Miles Bhudu, sê die organisasie hou vol die ontsnapping was met hulp van binne. Bhudu sê as die kantoor van die president saamstem, moet die ondersoek al die skuldiges wat deur die ondersoek geïdentifiseer word, uitwys. Hy sê verder dat President Cyril Ramaphosa ‘n afgetrede regter van die Konstitusionele Hof moet aanstel om die ondersoek te lei: