Thabo Bester-ontsnappingsaak uitgestel

Die landdroshof in Bloemfontein het die saak uitgestel teen twee mans wat in hegtenis geneem is vir aktiewe bystand en hulp aan die Facebook-verkragter en -moordenaar, Thabo Bester, en sy medepligtige, Nandipha Magudumana. Die saak sal volgende Maandag hervat. Die Nasionale Vervolgingsgesag se woordvoerder in die Vrystaat, Phaladi Shuping, sê die voormalige werknemer van ‘n sekuriteitsmaatskappy en die 65-jarige man, glo Magudumana se pa, sal by afsonderlike aanhoudings-instellings aangehou word. Volgens Shuping is die twee van moord, bedrog en regsverydeling aangekla.