Texas-hof weier vrou aborsie, al is haar fetus amper dood

Die hooggeregshof in Texas het ‘n noodaborsie geblokkeer vir ‘n vrou wie se fetus nie lewensvatbaar is nie. Haar dokter het die aborsie aanbeveel en ‘n disktriksregter het toestemming gegee, gegewe die staat se teen-aborsiewette. Die hooggeregshof se uitspraak het gekom nadat Ken Paxton, prokureur-generaal van Texas, die aansoek gebring het om die 31-jarige Kate Cox te keer om haar swangerskap te beëindig.