Tesourie sê nee vir verhoging in kindertoelaag
Die DA sê hy is bekommerd omdat die Nasionale Tesourie volgens berigte die Menseregtekommissie se voorstel verwerp het dat die kindertoelaag tot die armoedegrens verhoog word. Tesourie het gebrek aan fondse as rede aangevoer. Bridget Masango van die DA sê die kommissie se voorstel sou die toelaag van 510 Suid-Afrikaanse rand per maand tot 760 rand per maand verhoog: