Tesla-personeel deel video’s van kliënte se voertuie

Tesla het sy miljoene eienaars van elektriese motors verseker dat hul privaatheid baie belangrik is en altyd sal wees. Dit kom na die nuus dat tussen 2019 en 2022, het werknemers van die maatskappy video’s van die kameras in die voertuie in ‘n privaat boodskapgroepie gedeel het. Van die video’s is uiters privaat en ander is gewelddadig, met een wat wys hoe ‘n kind teen ‘n hoë spoed raakgery is. Sommige van die opnames betrap die kliënte in ‘n verleentheid met een video wat wys hoe die motor eienaar naak om die voertuig stap. Tesla sê alle video’s is anoniem en kliënte se name word nie aan die kameras gekoppel nie.