Terwyl party nog beraadslaag, neem PDM LP standpunt teen gay-huwelike in
Die PDM parlementslid, Vipuakuje Muharukua, het standpunt ingeneem teen die hooggeregshof se beslissing oor gay-huwelike. Die party self het reeds aan Kosmos 94.1 Nuus bevestig dat hy beraadslaag oor die kwessie en ‘n mediaverklaring in die verband sal uitreik. Die party-president McHenry Venaani het ook nog nie standpunt ingeneem nie. Muharukua, wat homself as ‘n PDM LP op sy sosiale media beskryf, sê hy stem nie saam met die hof se bevinding nie en dat die Nasionale Vergadering die wetgewing en Grondwet moet aanspreek om die waardes van die Namibiese samelewing te bepaal, sowel as die rigting wat die land wil vat. Hy sê ‘n referendum moet gehou word. Daar word skerp kritiek teen hom uitgespreek omdat die siening is dat menseregte nie onderhewe aan ‘n referendum moet wees nie.