Terugkeer van redery sal verwelkom word, dis ‘n spesialisbedryf
Swapo-presidentskandidaat Netumbo Nandi-Ndaitwah het haar verbintenis tot die herlewing van Air Namibia bevestig. Sy het belowe om indien sy verkies word die heropening van die nasionale lugdiens te ondersoek, en die belangrikheid daarvan beklemtoon vir herbelegging in die land se ekonomie. Hierdie belofte eggo haar vroeëre verbintenis daartoe tydens die bekendstelling van die party se verkiesingsmanifes. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Renier Bougaard, die woordvoerder van voormalige Air Namibia-werknemers, wat sê hulle sal so ‘n stap verwelkom.