Tersiêre instellings gaan help met uitgebrande parlementsgebouSeptember 23, 2023
Die buurland se parlement gaan met verskeie tersiêre instellings saamwerk aan die heropbou van die parlementêre geboue wat verlede jaar se brand beskadig is. Die parlement se bestuurder van spesiale projekte, Simon Mashigo, sê die samewerking is daarop gemik om kreatiwiteit, innovasie en die akademiese kundigheid te benut van die Universiteit Stellenbosch, die Kaapse Skiereilandse Universiteit van Tegnologie en beroepskolleges. Die projek sal voorkeur gee aan groen-boubeginsels terwyl dit die geboue se geskiedkundige en kulturele bealngrikheid beskerm.