Terreuraanval in Turkye laat 5 dood

Vyf mense is dood en 14 beseer ná ‘n aanval by ‘n lugvaartmaatskappy, Turkish Aerospace Industries, bekend as Tusas, naby Ankara. Turkye se binnelandse sake-minister, Ali Yerlikaya, het dit ‘n terreuraanval genoem, wat volgens hom heel waarskynlik verband hou met die PKK Koerdiese rebellegroep. Hy het ook gesê twee verdagtes, ‘n man en ‘n vrou, is “geneutraliseer”. Dit is nie duidelik of ander mense betrokke was nie. Daar was nog nie amptelike bevestiging van wie verantwoordelik was nie, en die PKK het nie verantwoordelikheid vir die aanval geneem nie.