Terreuraanval in afgeleë Aussie-dorp bevestigFebruary 16, 2023

’n Skietgeval in ’n afgeleë Australiese dorp waarin ses mense dood is, is as ’n godsdienstig-gemotiveerde terreuraanval verklaar. Owerhede sê dit is die eerste keer dat Christelike ekstremistiese ideologie met ‘n terreuraanval in Australië verbind word. Twee polisiebeamptes en ‘n buurman is dood toe Nathaniel, Stacey en Gareth Train verlede Desember op ‘n landelike eiendom in Queensland losgebrand het.