Tennis: Tsitsipas in vierde ronde van Aussie OpeJanuary 20, 2023
Tennis: Die derde gekeurde Griek, Stefanos Tsitsipas het sy plek in die vierde ronde van die Australiese Ope bespreek waar hy Sondag teen Janik Sinner van Italië te staan sal kom. Sinner het in vyf stelle die bo-toon gevoer teen Marton Fucsovics van Hongarye terwyl Tsitsipas met 6-2, 7-6, 6-3 teen Tallon Griekspoor van Nederland op Melbournepark gewen het.