Tennis: Skouspel op Monte Carlo verwag

Tennis: Die groot kanonne speel vandag hulle ronde van 16-wedstryde by die Monte Carlo Meesters-toernooi. Die top-gekeurde en twee-malige kampioen Novak Djokovic van Serwië pak die Italianer Lorenzo Musetti vir ‘n plek in die kwarteindstryd, terwyl die tweede gekeurde en wenner van die vorige twee toernooie, Stefanos Tsitsipas van Griekeland, te staan kom teen Nicolas Járry van Chili. Die derde-gekeurde Rus Daniil Medvedev se teenstander is die Duitser Alexander Zverev, wat 13de gekeur is. Die vierde-gekeurde Casper Ruud van Noorweë speel teen nog ‘n Duitser, Jan-Lennard Struff.