Tennis: Sewende Franse Ope-titel wink vir Djokovic

Tennis: Novak Djokovic het gister op ‘n dramatiese en omstrede manier sy sewende Franse Ope-eindstryd bereik, met die wêreld se nommer een-speler, Carlos Alcaraz, wat met ernstige krampe geuskkel het, wat sy kanse gekelder het. Die 36-jarige Djokovic het met sy oorwinning van 6-3, 5-7, 6-1, 6-1 die oudste man geword wat na die eindstryd deurgedring het, waar hy mik na ‘n derde titel op Roland Garros en ‘n rekord 23ste mans Grand Slam-kroon. Alcaraz, wat 16 jaar jonger is as Djokovic, het aan die begin van die derde stel met krampe aan sy regterkuit begin sukkel. Djokovic kom môre teen die vierde-gekeurde Noorweër, Casper Ruud te staan, wat Alexander Zverev van Duitsland in gister se ander halfeindstryd in skoon stelle, met 6-3, 6-4, 6-stroop uitgeskakel het.