Tennis: Ruud op die wenpad by Geneefse Ope

En Tennis: Die verdedigende kampioen Casper Ruud is op die wenpad aan die begin van die Geneefse Ope in Switserland. Die Noorweër is tans vierde op die wêreldranglys en het ‘n oorwinning van 6-3, 7-5 in die tweede ronde teen die Amerikaner J.J. Wolf behaal. Ruud kom volgende teen Nicolas Jarry van Chile te staan en hoop om sy tweede toernooi-titel van die seisoen in Switserland te wen. Die Amerikaner Taylor Fritz het ‘n moeilike begin gehad, maar kon sy landgenoot Marcos Giron met 4-6, 6-2, 6-3, klop. Grigor Dimitrov van Bulgarye het Roberto Carballes Baena van Spanje in skoon stelle uitgeskakel.