Tennis: Rublev wen Monte Carlo-toernooi

Tennis: Die Rus Andrey Rublev het Sondag sy eerste ATP-meesters-titel gewen, toe hy die Deen Holger Rune met 5-7, 6-2 en 7-5 in die Monte Carlo-toernooi geklop het. Die vyfde gekeurde Rublev moes ‘n agterstand van 1-4 in die beslissende stel uitwis, voor hy die grootste titel van sy loopbaan kon verower. Hoewel sy plek op die rangleer onveranderd bly, kruip Rublev al nader aan die ATP top-vyf. Die 19-jarige Rune, sal wel op die jongste ranglys tot die sewende plek opskuif, sy beste posisie ooit.