Tennis: Rublev honger vir nog titels

Tennis: Die wêreld se nommer-ses, Andrey Rublev, sê hy is honger om nog titels te wen nadat hy sy eerste Meesters 1 000-titel verower het. Die Rus het die Deen, Holger Rune, met 5-7, 6-2, en 7-5 verslaan om die Monte Carlo Meesters te wen. Rublev, wat in 2021 twee vorige Meesters 1000-eindstryde in Monte Carlo en Cincinnati verloor het, het 33 wenhoue teen die negende-gekeurde Rune geslaan. Die 25-jarige Rublev sê hy het deur die hele wedstryd aanhou glo dat hy sy 18de oorwinning dié seisoen sal behaal.