Tennis: Reuse-stryd tussen Alcaraz en Djokovic verwag

Tennis: ‘n Reuse-stryd word vanmiddag by die Franse Ope verwag in die halfeindstryd tussen die wêreld nommer-een, Carlos Alcaraz van Spanje, en die 22-malige Grand Slam-kampioen Novak Djokovic van Serwië. Die potensiële tweestryd het liefhebbers aan die gons sedert die loting bekend gemaak is, en albei het beïndruk tot dusver in die toernooi. Dit is Alcaraz se eerste halfeindstryd op Roland Garros, terwyl Djokovic die titel al twee keer ingepalm het. Alcaraz besef hoe groot geleentheid dit is.