Tennis: Nóg opskuddings by Aussie Ope

Tennis: Die ongekeurde Jiri Lehecka van die Tsjeggiese Republiek het vir nog ‘n opskudding by die Australiese Ope gesorg, toe hy die sesde gekeurde Felix Auger-Aliassime van Kanada in die vierde ronde uitgeskakel het. Lehecka is met sy eerste oorwinning oor ‘n top-10 speler nou deur na sy eerste Grand Slam-kwarteindronde. Intussen is die derde gekeurde Jessica Pegula van Amerika ook deur na die kwarteindronde, na ‘n oorwinning oor Barbora Krejcikova. Sy sal in die volgende ronde te staan kom teen die wenner van die wedstryd tussen Vicotria Azarenka en Lin Zhu.