Tennis: Murray en Swiatek uit Australiese Ope

Tennis: Die Brit Andy Murray moes na twee epiese wedstryde in die Australiese Ope teen Matteo Berrettini en Thanasi Kokkinakas, en meer as 10 uur op die baan, die knie buig voor die Spanjaard Roberto Bautista Agut. Agut het die kragmeting in vier stelle gewen. Novak Djokovic het vir Grigor Dimitrou in skoon stelle geklop. In die vroue-afdeling is die eerste gekeurde Iga Swiatek van Pole in die vierde ronde deur verlede jaar se Wimbledon-kampioen, Elena Rybakina van Kazakstan uitgeskakel. Rybakina het Swiatek met 6-4, 6-4 geklop. Sy sal nou in die kwarteindronde te staan kom teen Jelena Ostapenko van Letland. Ostapenko het die Amerikaner Coco Gauff met 7-5, 6-3 geklop.