Tennis: Medvedev wen Dubai-kampioenskap

Tennis: Die Rus Daniil Medvedev het sy landgenoot Andrey Rublev met 6-2, 6-2 uitgeskakel om die Dubai-kampioenskap in te palm. Die 27-jarige het nou drie agtereenvolgende titels ingepalm ná oorwinnings in Doha en Rotterdam. Medvedev het van die begin af oorheers en in die eerste spel teen Roblev deurgebreek. Hy is nou in 14 wedstryde onoorwonne. Die voormalige wêreld nommer-een het nie ‘n stel in Dubai afgestaan nie en Novak Djokovic se onoorwonne segetog aan die begin van die seisoen in Vrydag se halfeindstryd beëindig.