Tennis: Medvedev pootjie Djokovic in sy segetog

Tennis: Daniil Medvedev het ‘n einde gebring aan Novak Djokovic se onoorwonne 15-0 segetog aan die begin van die seisoen, met ‘n oorwinning van 6-4, 6-4 teen die wêreld se nommer een by die Dubai-kampioenskapstoernooi.  Medvedev is terug in die groep van die top-tien spelers na hy sy laaste 13 wedstryde oor ‘n tydperk van 18 dae gewen het. Hy kom in die eindstryd teen sy landgenoot en verdedigende kampioen, Andrey Rublev te staan. Die 27-jarige Medvedev het sy vorige vier kragmetings teen Djokovic verloor.