Tennis: Iga Swiatek bly op segetog in Aussie Ope

Tennis: Die wêreld nommer een, Iga Swiatek, het ʼn waarskuwing aan haar opponente gestuur met ʼn oortuigende oorwinning van 6-0, 6-1 oor die Spaanse kwalifiseerder, Cristina Bucsa. Die Franse en Amerikaanse Ope-kampioen se volgende kragmeting is teen die titel-houer by Wimbledon, Elena Rybakina vir ʼn plek is die kwarteind-rondte. Vroeër het Yoshihito Nishioka die Raphael Nadal-temmer, Mackenzie McDonald uitgeskakel en slegs die derde Japannese man geword wat 100 wedstryde op die toer wen. Die 27-jarige het vir die eerste keer by ʼn Grand Slam-toernooi tot die ronde van 16 deurgedring met ʼn oorwinning van 7-6, 6-3, 6-2 oor die Amerikaner.