Tennis: Djokovic is nou weer die beste speler ter wêreld

Tennis: Novak Djokovic van Serwië het Carlos Alcaraz van Spanje bo-aan die wêreldranglys vervang nadat hy Sondag sy 23ste Grand Slam-titel behaal het deur die Franse Ope te wen. Hy was voor die toernooi in die derde plek. Danill Medvedev is nou derde, gevolg deur Casper Ruud van Noorweë, wat in die eindstryd teen Djokovic verloor het. Stefanos Tsitsipas van Griekeland is steeds vyfde, gevolg deur Holger Rune van Denemarke, die Amerikaner Taylor Fritz, die Rus Andrey Rublev, Jannik Sinner van Italië en nog ʼn Rus, Karen Khachanov.