Tennis: Djokovic in beheer by Australiese Ope

Tennis: Novak Djokovic was in totale beheer vandag by die Australiese Ope. Die 35-jarige Djokovic is op koers om sy mansenkelspeltitels by die Australiese Ope tot tien te vermeerder, nadat hy die tuisskare se gunsteling, Alex de Minaur met 6-2, 6-1, 6-2 oorrompel het. Serwië se Djokovic het daarmee sy plek in die laaste agt bespreek.