Tennis: Deense 19-jarige dring deur na Monte Carlo-eindstryd

Tennis: Holger Rune van Denemarke is een ronde nader aan sy tweede ATP Meesters 1 000-titel nadat hy die Italianer Jannik Sinner met 1-6, 7-5, 7-5 in ‘n opwindende wedstryd by die Monte Carlo-meesterstoernooi geklop het. Die 19-jarige Rune kan vandag die sesde plek op die wêreldranglys – die beste van sy loopbaan tot dusver – behaal, as hy sou wen. Hy het Novak Djokovic verlede seisoen in Parys in die kampioenskaps-reeks geklop en mik om dit weer te doen in vandag se eindstryd teen die Rus Andrey Rublev.