Tennis: Alcaraz kan top-posisie in Rome herwin    

Tennis: Carlos Alcaraz sal weer die wêreld se nommer een-posisie beklee deur net dié week aan die Italiaanse Ope deel te neem. Die 20-jarige Spanjaard het sy Madridse Ope-titel Sondag suksesvol verdedig en dit beteken hy sal Novak Djokovic bo-aan die ranglys vervang deur net een wedstryd in Rome te speel. Dit sal die Spanjaard se eerste Italiaanse Ope wees.